Delmas-Wes gemeente is ʼn warm, vriendelike en gemaklike geloofsgemeenskap.  Eredienste is geensins tradisioneel nie.  Die liturgie is buigbaar en informeel, afhangend van die tema of boodskap van die dag.  Die voorlesing van die wet en geloofsbelydenis maak nie deel uit van die gereelde liturgie nie.  Die gebruiklike verloop van die erediens is:  Lofsang, aanbiddingsang, gebed, woordverkondiging, afkondigings (tesame met kollekte), slotlied en seëngroet.  En ons moedig deelname van ‘gewone’ gemeentelede (met opneem van kollektes, voorbidding, voorlesing, drama-tonele ens.) aan.


Tye:      Sondae 09:00 tot 10:15
             Kleuterkerk 09h00 - 10h15 tydens diens
             Kategese 10h15-11h15